Nuutjie vir saalperdbedryf
2010-02-08 21:05
Sandra Harding
Johannesburg - ‘n Saalperdteler het ‘n kompetisie met ongekende prysgeld in Suid-Afrika vir dié ras geloods. Dié kompetisie gaan nie net ‘n geweldige finansiële inspuiting vir die bedryf beteken nie, maar ook die speelveld vir groot en kleiner telers gelyk maak.
Die teler, Ross Millin, is landwyd bekend vir sy kennis aangaande Saalperd-bloedlyne en sy vaste oortuiging dat die merrie se bloedlyn ‘n bepalende aandeel in enige vul se potensiaal speel.
Die kompetisie is gebaseer op die All American Cup en die Blue Grass Futurity in Amerika, terwyl duiweboere in SA vir etlike jare ‘n soortgelyke konsep met sukses toepas. Die vul, Sir Clarence Ronald, was beide die ‘Bluegrass Futurity Weanling Champion’ en die ‘World’s Champion Weanling Breeder’s Stake. Dié vul was die inspirasie vir Millin was om die kompetisie in Suid-Afrika te loods. Sir Clarence is ‘n fratsongeluk dood.
Dit behels die opveil van een dekking per hings van Suid-Afrika se voorste saalperde, wat ook klein telers die geleentheid bied om met top-bloedlyne te kan teel.
Eerste veiling
Hoewel dit vir baie telers aanvanklik ‘n vreemde konsep was, het die eerste hingsveiling, wat tydens die Paryse Binnemuurse Saalperdskou vroeg in Desember 2009 plaasgevind het, ongekende belangstelling uitgelok.
Lees meer op Landbou.com.