Cruywagen: ‘Ek oefen al 35 jaar!’

2010-11-26 10:45
Tweets Share Share line Print

Riaan Cruywagen in ligte luim in die kantoor van die vakbond Uasa, waar hy werk. (Foto: Brendan Croft)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Beeld

Johannesburg - Die Afrikaanse nuuslegende Riaan Cruywagen vier vandag 45 jaar in die uitsaaiwese – 35 daarvan as TV-nuusleser.

Die 65-jarige Cruywagen het al meer as 6 000 TV-nuusbulletins aangebied, het hy Donderdag vertel. “Ek oefen nou al 35 jaar om die TV-nuus te lees – die dag wanneer ek die kuns bemeester het, sal ek uittree,” het hy geskerts.

As deel van dié mylpaalviering lees hy vanoggend van die Engelse nuusbulletins op Highveld Stereo se Break­fast­xpress-pro­gram. Darren Simpson, hoofankeraanbieder, het hom genooi om ’n gas te wees en “sommer ’n bietjie pret saam te maak”.

Cruywagen het in 1965 as eerstejaar in Stellenbosch deeltyds by die SAUK in Kaapstad begin uitsaai. Hy is op 1 Desember 1968, nadat hy sy graad gekry het, as omroeper by die destydse Afrikaanse Radiodiens in Johannesburg aangestel. Op 26 November 1975 het hy sy heel eerste TV-nuusbulletin aangebied.

“Dit was 20:00, in die tyd van TV-toetsuitsendings, toe die geskeduleerde aanbieder ter elfder ure verhinder is.

Die nuusredakteur was Fanus Venter en die ateljeeregisseur Danie Nortjé.”

“In dié uitsending het die soeklig onder meer geval op die jongste verwikkelinge aan die noordergrense van die land, die vonnis van Breyten Breytenbach tot nege jaar tronkstraf, die onsekere toestand in Portugal ná ’n mislukte staatsgreeppoging en sportgebeure.”

Een van Cruywagen se vele hoogtepunte was om die land op die hoogte te hou ná die Helderberg-ramp op 28 November 1986.

Hy het Suid-Afrikaners vertel van die destydse pres. FW de Klerk se rigtinggewende toespraak in die parlement toe dié aangekondig het oudpres. Nelson Mandela gaan vrygelaat word. “Toe het ek geweet Suid-Afrika gaan onherroeplik verander.”

Cruywagen het ook die publiek ingelig gehou oor die Waarheid-en-versoeningskommissie-uitsprake, die World ­Trade
Center-ramp in 2001 en prinses Diana se dood in 1997.

Hy beskou homself nie as ’n ­tipiese “celebrity” nie.

“Nuuslesers lewer ’n diens aan die publiek. Ek is net bly die mense is nog tevrede met wat hulle op TV sien van my!”
Simpson het gesê hy wou Cruywagen al lankal op sy program kry.

“Ons het net vir die regte verskoning gewag.”

Hy beskou Cruywagen as een van sy topvyf Suid-Afrikaners.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: televisie  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.