Numsa-werkers by vulstasies gaan staak
2010-09-01 03:55
Johannesburg – Lede van die Union of Metalworkers of SA (Numsa) wat by vulstasies, werkswinkels en motorhandelaars werk, sal Woensdag ophou werk en begin staak.
Numsa het in ‘n verklaring gesê dat hulle langdurige onderhandelings met beide die Retail Motor Industry (RMI) en die vulstasie-liggaam, die Fuel Retailers’ Association (FRA), gehad het.
Hulle het glo dié onderhandelings namens hul 70 000 lede in die sektor gehad.
Numsa se versoeke sluit ‘n 20% salarisverhoging en ‘n 40-uur week in.
“Ons versoeke aan die RMI en FRA is konsekwent met die ANC se verkiesingsbeloftes om behoorlike werk... vir die werkers en die armes te skep.”
Volgens Reggie Sibiya, uitvoerende hoof van FRA, sal die stakings die diens by vulstasies affekteer.
“Nie almal is deel van die vakbond nie, so vulstasies sal nie toemaak nie.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA