Numsa prys Zuma oor MIV-toets
2010-04-26 15:28
Johannesburg – Die National Union of Metalworkers (Numsa) het president Jacob Zuma geprys nadat hy die afgelope naweek sy MIV-status bekend gemaak het.
“Numsa is trots op die feit dat die president sy MIV-status aan almal bekend gemaak het,” het Castro Ngobese, woordvoerder, gesê.
“Hiermee begrawe Zuma al die ontkenning en afsydigheid teenoor MIV/vigs in Suid-Afrika wat die afgelope tyd aan die presidentskap gekoppel sedert Thabo Mbeki aan die bewind was.”
Zuma het Sondag, na afloop van sy vierde toets, bekend gemaak dat hy MIV-negatief is.
- Sapa