Numsa-lede vasgetrek weens geweld
2011-07-08 16:38
Kaapstad – Nege lede van die nasionale vakbond vir metaalwerkers (Numsa) is in Germiston aan die Oos-Rand in verband met openbare geweld in hegtenis geneem.
Mashudu Phatela, ‘n woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie, sê die vakbondlede het Woensdag buitebande aan die brand gesteek en klippe na motoriste geslinger.
RSG berig niemand is beseer nie en geen skade is aangemeld nie.
Phatela sê die nege sal Vrydag in die Boksburgse landdroshof verskyn.
Numsa-lede eis 'n 13% verhoging, terwyl werkgewers 7% aanbied.
Die staking het Maandag begin nadat die arbeidshof 'n aansoek om 'n interdik teen die staking van die hand gewys het.
Volg Nuus24 op Twitter.