Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Num het wapens aan lede verskaf'

2013-01-29 18:00
Tweets Share Share line Print

Rustenburg – Ian Farlam se kommissie van ondersoek het vroeër gehoor dat die vakbond National Union of Mineworkers (NUM) wapens aan lede in Marikana, Noordwes, vir selfverdediging oorhandig het.

Saziso Gegeleza, lid van die vakbond en werknemer van Lonmin, het getuig oor die gebeure wat hom op 11 Augustus afgespeel het, toe stakende werkers probeer het om die vakbond se kantoor by die platinum-myn aan te val.

Karl Tip, wat die vakbond verteenwoordig, het hom gevra of NUM gewoonlik wapens by die kantoor aanhou. Gegeleza het “nee” geantwoord.

Gegeleza sê NUM se vakbondverteenwoordigers het die wapens by stakende mynwerkers gekonfiskeer.

Hy sê een van die vakbond se tak-sekretarisse, Daluvuyo Bongo, het die wapens uitgedeel omdat hy gehoor het ‘n groep stakers was op pad om die kantoor af te brand.

“’n Knopkierie en ‘n spies is aan my oorhandig.”

Gegeleza het verduidelik hoe ‘n groot groep stakers die kantoor genader het. Hulle het klippe gegooi en geskree: “Hier is hierdie honde.”

“Hulle was so aggressief...” het hy getuig.

Gegeleza het bygevoeg dat die stakers stokke, kopkieries, pangas en spiese by hul gehad het.

“Ek was bang, maar ek wou my lewe beskerm, asook NUM se kantore.”

Hy het vertel hoe geweerskote skielik afgevuur is. Hy het nie geweet wie die sneller getrek het nie.

“Ons het hulle gejaag, waarna hulle na die hostel gehardloop het.”
 
Gegeleza sê hulle het die stakers agternagesit om te keer dat hulle nog ‘n aanval beplan.

Hy het getuig het hy eers op 2 Oktober – tydens die kommissie se inspeksie – uitgevind dat twee stakers daardie dag gesterf het.

Volgens hom het hy nooit die oorledenes gesien nie.

Hy het getuig voor die kommissie wat 44 mense se sterftes by die myn in Augustus verlede jaar ondersoek.

Volg Nuus24 op Twitter 

- SAPA

Lees meer oor: marikana  |  lonmin-slagting  |  num
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Piete Koo sê... Nou verstaan jy hoekom die ANC die tou so lank skiet gegee het, sodat die val dan soveel verder is. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R1200000 - R1700000

Financial Manager

Centurion
Communicate Cape Town Finance
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.