Nou kan gestorwenes per e-pos bereik word

2011-03-06 09:03
Tweets Share Share line Print

Jou salige geliefdes is nou ook deur middel van e-pos bereikbaar.

Julia Theunissen, dogter van die bekende psigiese medium Marietta Theunissen en deesdae in eie reg ’n bedrywige medium, het pas aangekondig sy doen nou ook psigiese lesings per e-pos.

Theunissen sr. is al geruime tyd in Suid-Afrika bekend vir haar dodebeswering op programme soos Die ander kant, waar sy mense help om met hul afgestorwe geliefdes in aanraking te kom.

Haar dogter Julia, wat deur haar ma opgelei is, is al ’n paar jaar besig om ook vir haarself ’n naam as psigiese praktisyn op te bou.

Sy doen al ’n ruk lank telefoniese lesings, maar het nou aangekondig sy kan jou ook per e-pos inlig wat die toekoms vir jou inhou, wat jou psigiese energie behels en wat die dooies vir jou te sê het.

“Al my e-pos-lesings het ’n vaste vorm,” vertel Julia, “en deel van daardie vorm is ’n paragraaf waarin ek vir mense boodskappe van die ander kant gee.”

Een van die eerste persone wat van dié diens gebruik gemaak het, was ’n 26-jarige man met familieprobleme. “Hy het ’n boodskap van sy oorlede oupa gevra en ek het hom vertel daar is inderdaad so iemand aan die ander kant en dat dié oupa saam met hom is en hom sal ondersteun.” Die oupa het glo ook gehelp om ’n paar destruktiewe patrone in die familie uit te wys.

Dié e-pos-kommunikasie met die hiernamaals is nie heeltemal ongehoord nie, vertel Julia. Haar ma het al by geleentheid vir mense e-lesings gedoen. En die Theunissens bedryf al ’n ruk lank deel van hul bediening op die webtuiste www.otherworlds- tomorrow.com waar telefoniese lesings (R850 per halfuur vir Marietta, R350 per halfuur vir Julia) ook geadverteer word.

E-poslesings is ’n bietjie duurder. Julia vra R450, maar sy doen glo ’n volledige uitleg van sewe bladsye met die kliënt se psigiese profiel.

Psigiese bedrywighede oor die internet is niks nuuts nie, sê Martha van Eeden, ’n psigiese medium van Sasolburg en kleindogter van die gevierde Madame Rose, wat in die 1960’s Suid-Afrika se beroemdste fortuinverteller was.

“Ek doen self al lank lesings oor e-pos. Van my kliënte sit so ver as Saoedi-Arabië en Amerika.”

- Rapport

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
68 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.