'Nou gebruik misdadigers messe'
2010-02-09 11:52
Kaapstad – Kriminele is nou meer geneig om messe as vuurwapens te gebruik nadat die polisie ‘n operasie geloods het om gesteelde en onwettige vuurwapens te konfiskeer.
Dit is volgens die nasionale polisiekommissaris Bheki Cele, wat Maandag waargeneem het by die vernietiging van sowat 10 000 vuurwapens in Prospecton, Durban.
Volgens Cele het die gebruik van messe in kriminele aktiwiteite toegeneem sedert die polisie vuurwapens uit sirkulasie geneem het.
“Dit is verpligtend dat mense met onwettige vuurwapens dit inhandig. As hulle nie vrywillig ingehandig word nie sal ons dit afneem. Ons vra ook vir gemeenskappe om mense aan te moedig om hul vuurwapens in te handig,” het Nathi Mthethwa, die minister van polisie, gesê.
Volgens Mthethwa is daar minstens twee miljoen onwettige vuurwapens in kriminele se hande.
Lees die volle berig by The Star