Nou gaan Malema appelleer
2010-03-15 14:49
Johannesburg - Julius Malema, die ANC-jeugleier wat vroeër vandag in die Johannesburgse gelykheidshof aan haatspraak skuldig bevind is, gaan appelleer, het sy regsverteenwoordiger gesê.
"Ons het die uitspraak bespreek en hy (Malema) het my gevra wat ek oor die beslissing dink. Ons het kort daarna besluit om appèl aan te teken,” het Tumi Mokwena aan Sapa gesê.
"Ek gaan vanaand al met die papierwerk begin sodat daar so vinnig as moontlik teen die uitspraak geappelleer kan word.”
Die landdros, Colleen Collins het Maandag die jeugleier skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering weens sy uitlatings gedurende president Jacob Zuma se verkragtingsaak.
- Sapa