Northam maak 'n nuwe aanbod aan werkers
2010-09-16 23:26
Johannesburg – Northam Platinum het hul aanbod aan stakende werkers met 0.5% opgestoot, het ‘n amptenaar van die werkersunie gesê.
“Ons kon nog nie veel vordering maak nie.
“Northam het tot ‘n 0.5% verhoging ingestem, teenoor die 8.5% wat die unie voor gevra het,” het Lesiba Seshoka, woordvoerder vir die National Union of Mineworkers (Num), gesê.
‘n Nuwe rondte samesprekings is die week in Polokwane begin in ‘n poging om die staking van omtrent 800 mynwerkers, tot ‘n einde te bring.
Volg Nuus24 op Twitter.