Noord-Kaapse LUR vas vir bedrog
2010-11-04 15:00
Johannesburg – Die omstrede Noord-Kaapse politikus John Block is een van agt mense wat weens bedrog deur die polisie in hegtenis geneem is.
Sy inhegtenisneming kom ná 'n tenderbedrog-ondersoek deur die polisie, het ‘n korrespondent Donderdag gesê.
Volgens die korrespondent sal Block, wat die provinsie se LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme is, Donderdag in ‘n hof in Kimberley verskyn.
Block is ook die provinsiale voorsitter van die ANC.
Die bedrog het na bewering te make met toerusting wat aan die provinsiale departement van gesondheid verskaf is of nog verskaf moet word.
Daar word beweer dat dit miljoene rande werd is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA