Swendelaars van Noord-Kaap vas
2011-07-29 21:01
Kaapstad – Twee mans van die Noord Kaap is tronk toe gestuur ná hulle hulself as staatsamptenare voorgegee het om kontrakteurs te bedrieg.
Richard Lesoane en Tebego Gift Mmusin is in die Noord-Kaap Hooggeregshof tot agt jaar en 20 jaar agter tralies gevonnis.
Volgens Phaladi Shuping van die nasionale vervolgingsowerheid (NPA), het die twee beskuldigdes vergaderings met kontrakteurs in die bou-, sekuriteits- en spysenieringsbedryf gereël.
Hulle het telkens gemaak asof hull staatsamptenare is en die kontrakteurs oortuig dat hulle sekere kontrakte sal bekom indien hulle ‘n bedrag geld betaal.
Op die manier het die swendelaars verskeie kontrakteurs uit ‘n somtotaal van sowat R2.4 miljoen bedrieg.
Regter Cecile Williams het vir Mmusi op agtien en vir Lesoane op drie aanklagtes van bedrog skuldig bevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA