Noodvergadering belê oor Rica-bedrog
2011-07-06 14:32
Johannesburg – Selfoonoperateurs en regeringsdepartemente sal Woensdag vergader oor Rica-bedrog en die impak daarvan.
Die sperdatum om data- en simkaarte ingevolge die Rica-wetgewing te registreer, was verlede Donderdag.
Vandeesweek is onthul dat simkaarte wat vooraf geregistreer is, in verskeie gebiede verkoop word.
Die departemente van justisie en kommunikasie sal die impak van die bedrog, sowel as maniere om dit die hoof te bied, bespreek.
Die regering het erken dat daar maniere is om die wetgewing te omseil, omdat daar geen limiet is op die aantal simkaarte wat in 'n persoon se naam geregistreer is nie.
Selfoonoperateurs sê dít is dalk waar misdadigers die wet uitgebuit het.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter