Nooddienswerkers in Jhb daag op by die werk
2011-09-12 14:47
Johannesburg – Alle personeel van die Johannesburgse Noodbestuurdienste het vir werk opgedaag, ondanks dreigemente dat hulle gaan staak, berig RSG.
Die Stad Johannesburg het ná 'n vergadering met nooddienste gesê al die werkers wat by die werk moes wees, het opgedaag.
'n Woordvoerder, Nthatisi Modingoane, sê die stad sal uurliks die situasie monitor
Vroeër het die stad gewaarsku dat reaksietye op noodgevalle in Johannesburg Maandagoggend stadig sal wees omdat sowat 700 nooddienswerkers gaan staak.
Werkers eis dat Tshepo Makola, waarnemende direkteur van die die Johannesburgse Noodbestuurdienste, afgedank word nadat hy glo 'n "onwettige" oortydbonus van R100 000 ontvang het.
Nthatisi Mdigoane, woordvoerder van die stad, het gesê hulle verwag dat die vakbond diegene wat veronderstel is om aan diens te wees, sal toelaat om hul werk te doen.
"Ons sal die situasie monitor en die gapings, waar nodig, vul."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter