Nóg vloede in Gauteng verwag
2011-01-13 10:38
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Woensdag gewaarsku dat nóg swaar reën Gauteng en verskeie ander provinsies die naweek kan tref.
Die kans op reënval sal vanaf Vrydag styg, met swaar neerslae wat vanaf Saterdag verwag word.
"Op die oomblik wys die modelle dat die millimeter (reënval) meer as 50 in 24 uur sal wees," het Puseletso Mofokeng, 'n weervoorspeller, gesê.
Inwoners wat langs die Vaal- en Oranjerivier woon moes Woensdag weens vloede ontruim word.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter