Nóg twee vas vir Tongaat-moorde
2012-01-10 21:54
Johannesburg – Nóg twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Tongaat-egpaar, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.
Dit beteken vyf mans is al in hegtenis geneem.
Ondersoeke het daartoe gelei dat die vierde man Maandag in hegtenis geneem is. Hy sal Woensdag in die Verulam-landdroshof verskyn, het kol. Jay Naicker, woordvoerder, gesê.
“Die vyfde man was reeds in polisie-aanhouding vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Hy sal Vrydag in die hof verskyn.”
Die mans het na bewering die sakeman Balaram Reddy (56) en sy vrou, Maliga (52), op 22 Desember in hul huis in Burbreeze, Tongaat, doodgeskiet. Hul seun Nivashin (27) is in die rug geskiet en verskeie kere gesteek. Hy het die aanval oorleef.
Die eerste drie mans wat in hegtenis geneem is – Senzo Sello Nduli (26), Lucky Ernest Njoko (23) en Sibusiso Mthimkulu (28) – het verlede week in die hof verskyn.
Die saak teen hulle is tot 13 Januarie uitgestel.
Hulle word aangekla van moord, poging tot moord en huisroof.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA