Nog twee in hegtenis vir grusame moord

2011-12-04 21:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee mense, waarvan een ‘n polisiebeampte, is Sondag in Magatle, suid van Polokwane, in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n man vermoor en sy ledemate afgesny het, het die polisie in Limpopo gesê.

Matete Mphahlele (34) is Dinsdag deur vier mans en ‘n vrou doodgeslaan met pikstele, het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.

Die aanvallers het probeer om Mphahlele se lyk in ‘n puttoilet in Mathibela, naby Magatle, te gooi. Hulle het hom blykbaar daarvan verdink dat hy ‘n gewapende rooftog beplan het.

“Daar word vermoed dat die lyk nie in die puttoilet wou pas nie. Hulle het toe sy ledemate afgesny en sy lyk is toe só in die puttoilet gegooi,” het Ramatseba gesê.

Drie van die vermeende moordenaars is Vrydagaand in hegtenis geneem, nadat die dele van die lyk gevind is.

Die vyf mense, tussen die ouderdomme van 22 en 55, het ook na bewering Mphahlele se meisie ernstig aangerand voordat hy doodgemaak is.

Hulle sal na verwagting Maandag in die Mahwelereng-landdroshof verskyn.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: limpopo  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.