Nóg trouklokkies vir Zuma?
2010-02-02 10:15
Johannesburg - Gerugte doen die ronde dat trouklokkies binnekort gaan lui vir die sokkerbaas Irvin Khoza se dogter en pres. Jacob Zuma.
Die Sunday Times het die afgelope naweek berig dat Sonono Khoza (39) die ma is van Zuma se vier maande oue baba, Thandekile Matina Zuma.
'n Buurvrou wat haarself as 'n nabye familievriend van Khoza se vrou, Matina, voorstel, sê die bure het van die staanspoor geweet van Zuma en Sonono verhouding.
"Hulle gaan trou. Hulle is verlief en wat is fout daarmee? Dit is amptelik – hulle gaan trou."
By navraag het Matina Khoza egter gesê: "Los ons uit".
In reaksie op dieselfde vraag, het haar dogter gelag en gesê: "Vra die president".
– Times Live