Nóg topmatrieks weggewys oor 'swak punte'

2011-11-08 14:13
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - AfriForum Jeug het Dinsdag die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, gevra om dringend in te gryp oor skynbare ongeregtighede by die Universiteit van Pretoria (UP).

Die jeuggroep het dié besluit geneem nadat nóg sewe topmatrieks – wat gesamentlik met sowat 50 onderskeidings tussen hulle spog – na vore getree het ná hulle by die universiteit weggewys is.

Hulle vertel hulle is by dié universiteit se Fakulteit van Veeartsenykunde weggewys vir studie aanstaande jaar weens hulle “swak akademiese prestasie”.

AfriForum Jeug het verlede week onthul hoe 'n uitblinker met sewe onderskeidings, Kiara Haylock, weens dieselfde rede deur die universiteit weggewys is. Haylock het onder meer 92% vir Wiskunde en 86% vir Wetenskap gehad.

“AfriForum Jeug ontvang geweldig baie klagtes oor die onregverdigheid wat by die UP geskied omdat al die applikante nie aan dieselfde resies deelneem nie.

“Topstudente is besig om die land te verlaat omdat hulle nie die geleentheid gegun word om hulle roeping hier uit te leef nie. Studente wat eers in 1993 gebore is, word gevra om eenkant toe te staan, ongeag die bydrae wat hulle tot die land se vaardigheidskrisis wil maak,” het Oberholzer gesê.

Rozelle Zamudio is nog 'n student wat weggewys is nadat sy onder die indruk verkeer het dat sy reeds by UP aanvaar is. Sy het ‘n gemiddeld van 91% vir Wiskunde en 90% vir Wetenskap behaal.

Ook Marilie du Plessis is weggewys. Sy het agt onderskeidings verwerf en ‘n gemiddeld van byna 90% in matriek behaal.

“Leerlinge besluit nou sélf om die stelsel aan te vat. UP blameer die demografiese teikens wat die departement van hoër onderwys stel, terwyl die minister die bal in die universiteit se hande teruggooi. Intussen word die vaardigheidskrisis geïgnoreer,” het Oberholzer gesê.

Hy het die minister versoek om die tekort aan veeartse in Suid-Afrika te verlig deur toppresteerders die geleentheid te gun om nie op grond van ras met mekaar mee te ding nie.

AfriForum Jeug het verlede week, ingevolge die Wet op Toegang tot Inligting, die UP versoek om die akademiese prestasies van suksesvolle applikante beskikbaar te stel om sodoende te bepaal of dié applikante wél beter presteer het as die leerlinge wat weggewys is.

– Nuus24

– Volg Nuus24 op Twitter

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
71 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.