Nóg skok-aantygings oor geboue

2011-07-01 07:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Gwen Mahlangu-Nkabinde het kort ná haar aanstelling as minister van openbare werke ’n topamptenaar van haar departement basies gedwing om twee huurooreen­komste van R1,2 miljard met die sakeman Roux Shabangu te sluit.

Dié aantyging is vervat in adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), se voorlopige verslag oor die ondersoek na die huurkontrak van die Transnet-gebou in Durban vir die polisie se hoofkantoor in KwaZulu-Natal.

Luidens die verslag het die departement van openbare werke (DOW) se interne ondersoeke na die huurkontrakte doodgeloop nadat pres. Jacob Zuma vir Geoff Doidge tydens ’n kabinetskommeling op 31 Oktober 2010 met Mahlangu-Nkabinde vervang het.

Mnr. Siviwe Dongwana, destydse direkteur-generaal van openbare werke (DOW), sê in verklarings aan die OB hy het albei huurkontrakte (in Durban en vir die Sanlam-Middestad-gebou in Pretoria) einde November 2010 teësinnig onderteken weens “volgehoue druk van die minister en Shabangu”.

“Dit het geblyk Shabangu het direk met die minister en haar raadgewers gekommunikeer,” lui die verslag.

Shabangu het na Mahlangu-Nkabinde as sy “ouer suster” verwys en SMS’e tussen hom en haar oor die huurkontrakte aan Dongwana gewys.

Luidens die voorlopige verslag het Mahlangu-Nkabinde in ’n onderhoud met die OB erken sy het sedert haar aanstelling as minister gereeld telefonies met Shabangu gepraat en hom ’n paar keer by haar kantoor en elders ontmoet.

Die minister was egter nie bereid om enige vrae oor die huurkontrak vir die Sanlam-Middestad-gebou in Pretoria te beantwoord nie. Sy het voorts ontken dat sy enigsins by die huurkontrak vir die Transnet-gebou in Durban betrokke was en het aangevoer Dongwana was daarvoor verantwoordelik.

Maar luidens die OB se verslag is daar geen rede om Dongwana se weergawe van die gebeure te betwyfel nie.

“Sy getuienis stem ooreen met die inligting wat van ander getuies bekom is, asook die dokumentasie wat tydens die ondersoek gebruik is.

“Sy verduideliking dat hy eindelik ingestem het om die huurkontrak vir die Transnet-gebou te onderteken weens druk van die minister en Shabangu blyk geloofwaardig te wees.”

Die OB sê voorts die feit dat Mahlangu-Nkabinde nie bereid was om die OB se vrae te beantwoord nie en haar “huiwering” om haar volle samewerking tydens die ondersoek te gee, “maak dit uiters moeilik om haar weergawe van gebeure” met dié van DOW-amptenare te vergelyk.

Dongwana is kort nadat hy die huurooreenkomste in November 2010 onderteken het, geskors “oor redes waarvan hy nie eens bewus is nie”, lui die verslag.

Sam Mkhwanazi, Mahlangu-Nkabinde se woordvoerder, het gesê die minister ontken die OB se aantyging dat sy nie haar volle samewerking tydens die ondersoek gegee het nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: roux shabangu  |  skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.