Nóg renosterhorings gestroop

2012-01-12 08:51
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Nog drie renosterkarkasse is na verneem word Woensdagoggend in die gebied in die Krugerwildtuin gevind waar agt karkasse kort vantevore gevind is.

SANParke wou die nuutste vonds nie Woensdag bevestig nie.

’n Noodvergadering oor die nuutste krisis is Woensdagmiddag in Skukuza gehou.

Rey Thakuli, woordvoerder van SANParke, het gesê die krisisvergadering van die nasionale gesamentlike operasiesentrum (Natjoints) is belê om planne te beraam om die slagting te bekamp nadat die agt karkasse binne 24 uur ontdek is.

SANParke, die polisie, weermag en ander veiligheidsgemeenskappe is by die vergadering betrek.

“Daar is reeds ’n teenstropingstrategie op die tafel, maar daar gaan nou saam met die lede van Natjoints gekyk word hoe die strategie versnel kan word.”

Meer inligting, mannekrag en hulpmiddels is volgens Thakuli dringend nodig om die strooptogte te stuit.

Intussen het Volksblad vasgestel daar is Dinsdag ook vyf renosterkarkasse in ’n private reservaat naby Stoffberg gekry.

Al die diere se horings is, net soos dié in die wildtuin, verwyder.

Die meeste van die 16 karkasse wat die afgelope 48 uur ontdek is, was baie vars.

“Die diere is nie langer as vyf dae gelede geskiet nie,” het ’n ingeligte met grondige kennis van renosterstropery gesê.

Intussen is veldwagters en soldate steeds op soek na die stropers van die Krugerwildtuin-renosters.

Die soektog na nog karkasse word gemik op die gebied tussen Pretoriuskop en Krokodilbrug aan die oostelike grens van die wildtuin.

“Ek is bevrees ons gaan nog etlike karkasse opspoor wat die afgelope week geskiet is,” het die ingeligte voorspel.

“Ons is ongelukkig besig om die stryd teen die stropers te verloor,” het hy gesê.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: renosters  |  renosterstropery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.