Nóg reën kom vir VS

2011-03-09 08:39
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Dit reën steeds. En nóg reën word vir die deurnat Vrystaat voorspel.

Tussen 80mm en 100mm reën het die naweek in die Suid-Vrystaat geval.

Daarby word nóg reën van eerskomende Sondag vir die grootste deel van volgende week vir die streek voorspel.

Ná meer as 500 mm in distrikte soos Smithfield, Rouxville en Zastron, loop plaasdamme oor, spruite is weer in vloed en paaie is modderbane.

’n Plaasdam op die plaas Eensaamhoek, Smithfield, van Henry Gertenbach het die tweede keer dié seisoen gebreek.

Die damwal is ná die vloede in Februarie hier herstel, maar dit het die naweek weer ná swaar donderbuie gebreek.

Die Smithfield-dorpsdam, wat lank droog was, was Dinsdag propvol. Inwoners het verwag dit kan oorloop.

Harry Prinsloo, boer van Smithfield en vise-voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), sê tot 114 mm is die naweek hier gemeet. Dit is plek-plek “ongemaklik” nat.

Die veesiektes wat kop uitsteek, is ook baie erg. Skaapboere het veral skade met lammers van vyf of ses maande wat vrek. Haarwurm en bloutong is die grootste oorsaak van vrektes.

Volgens Prinsloo wil dit lyk of skape weerstand teen sekere haarwurmmiddels opbou.

Die uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal net toe ’n afvaardiging Chinese in die land aangekom het om die veiligheid van Suid-Afrikaanse wol ná die uitbreking van slenkdalkoors verlede seisoen te ondersoek, is ook ’n slag.

Die Chinese het Dinsdag ’n plaas buite Cradock besoek om ’n skeerdery te besigtig en voer Vrydag in Pretoria samesprekings met Suid-Afrika.

Dié land se verbod op plaaslike wol oor slenkdalkoors geld steeds, terwyl ’n verbod weens bek-en-klouseer van 2002 tot 2006 gegeld het.

Ondanks dié terugslae gaan dit eintlik goed met die veebedryf, sê Prinsloo.

Die vleispryse en wolpryse is baie goed en die weiding is ná die reën baie goed.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel nog reën vir die volgende week. In sy vooruitskatting het hy bo-normale reënvaltoestande vir die somerreënvalgebiede tot minstens April voorspel.

Die regering van Queensland in Australië voorspel op sy webtuiste oor weernavorsing ’n kans van 60% tot 70% vir bogemiddelde reënval vir die randgebiede van die Vrystaat en die oostelike en noordelike strook van die Noord-Kaap en 50% tot 60% vir die sentrale dele van die Vrystaat.

- Volksblad

Lees meer oor: weer  |  reën  |  vloede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.