Nóg 'n verdagte vas vir moorde by Aurora-myn
2011-01-06 22:27
Johannesburg – ‘n Vyfde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op vier onwettige myners by die Aurora Grootvlei-myn naby Springs, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Die man is Donderdag in hegtenis geneem nadat die mynwerkers verlede jaar by die myn doodgeskiet is.
Volgens Mthunzi Mhaga, ‘n woordvoerder, sal die man Vrydag saam met die ander verdagtes in die Benoni-landdroshof verskyn. Hy sal van moord aangekla word.
Die voormalige Big Brother-ster Brad Wood is ook een van die verdagtes.
Wood was hoof van die sekuriteitsmaatskappy wat by die myn gebruik word.
Die myn word deur pres. President Jacob Zuma se neef, Khulubuse Zuma, en oud-pres. Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa Mandela, besit.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA