Nóg ’n sakeman deponeer vir Juju

2011-11-06 10:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die sakereus wat Julius Malema, die ANC se jeugleier, na sy bruilof op Mauritius genooi het, het ook hope kontant in Malema se trustrekening inbetaal.

Die eiendomsmagnaat David Mabilu se Vharanani Properties het by meer as een geleentheid bedrae van meer as R100 000 in die Ratanang-familietrust, genoem na Malema se seun, inbetaal.

In Julie het Rapport en City Press die bestaan van dié trust onthul en ’n sakeman van Limpopo aangehaal wat erken het dat hy geld daarin betaal het om Malema te beloon nadat die jeugleier hom gehelp het om ’n staatstender te bekom.

Malema het intussen beweer die trust ontvang slegs skenkings van sakelui wat hom help met welsynsprojekte.

Dié trust, asook ander rekeninge wat aan Malema verbind word, word nou deur die Valke ondersoek.

Twee onafhanklike, ingeligte bronne met kennis van Malema se geldsake het die afgelope week bevestig dat Mabilu een van die skenkers aan dié trust is.

Mabilu is die tweede sakeman wat onthul word as een van Malema se finansiers nadat Steve Bosch, ’n kontrakteur van Polokwane, vroeër vanjaar erken het hy het geld in Malema se trustrekening betaal.

Malema ontken nog deurlopend dat hy ’n miljoenêr is, ondanks sy uitspattige leefstyl.

Benewens sy salaris van die ANC het hy al erken hy ontvang dividende van On-Point Engineering, ’n maatskappy wat deels deur sy familietrust besit word en tendergeld ontvang.

Mabilu het die afgelope week nie op navrae gereageer nie.

Floyd Shivambu, Malema se woordvoerder, het gesê: “Ek dog ons het ooreengekom dat ons nie reageer op futiele visvangery nie. Dit lyk asof julle vasbeslote is om swart vooruitgang te kriminaliseer.”

Die Sunday Times het vroeër berig dat Malema twee uur ná die afloop van sy optog om ekonomiese vryheid in Gauteng met ’n bloulig-konvooi na die O.R. Tambo-lughawe is om met sakeklas na Mauritius te vlieg.

Die troue, wat verskeie glanspersone en burgemeesters van Limpopo-munisipaliteite op die gastelys ingesluit het, het glo tussen R10 en R15 miljoen gekos.

Mabilu het baie van sy geld uit staats­tenders gemaak. Sedert verlede jaar het sy maatskappy, Vharanani, meer as R200 miljoen se kontrakte by die regerings van Limpopo en Gauteng gekry.

Mabilu is in Soweto gebore, maar sy wortels lê in Limpopo se Venda-gebied.

Hy het sy fortuin meestal uit staatskontrakte vir bouwerk en watervoorsiening gemaak.

Hy is bekend daarom dat hy dienste van goeie gehalte lewer, maar word gereeld daarvan beskuldig dat hy sy politieke verbintenisse gebruik om tenders te bekom, veral in Limpopo.

Malema was verlede jaar die gasspreker op sy verjaardagpartytjie.

Mail & Guardian het Vrydag berig dat Vharanani in 2007 twee dele van ’n plaas naby Polokwane van twee gelikwideerde maatskappye gekoop het. Hy het later die grond verruil vir ’n stuk uitsoekgrond wat aan die Polokwane-munisipaliteit behoort en ’n bykomende sowat R5,9 miljoen op die transaksie inbetaal.

Kort daarna het Mabilu die grond wat voorheen aan die munisipaliteit behoort het aan Limpopo se departement van plaaslike regering en behuising verkoop vir R51 miljoen – ’n wins van R40 miljoen.

- Rapport

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.