Nóg ‘n renoster geskiet
2010-11-14 00:30
Johannesburg – Nóg ‘n renoster is Saterdag op ‘n plaas in Naboomspruit, Limpopo, doodgeskiet, het die provinsiale polisie bekend gemaak.
Volgens lt. kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het ‘n boer en sy werker die plaas patrolleer toe hul omstreeks 05:00 geweerskote hoor afgaan het.
“Hul het ondersoek ingestel en op die renoster se karkas afgekom.”
Die boer het die polisie ontbied.
“Ons beamptes, tesame met die boer en sy werker, het die hele dag na die verdagtes gesoek. Omstreeks 17:00 het ‘n skietgeveg tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek.
“Een van die verdagtes is gewond en na die hospitaal geneem. Die ander verdagtes het op die vlug geslaan en is steeds soek,” het Otto gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA