Nóg 'n polisielid skiet vriendin

2011-04-29 09:23
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Drie kinders van Bloemfontein is nou sonder ’n ma nadat nóg ’n polisieman sy vriendin en homself doodgeskiet het.

Sers. John Filander (35) van die Vrystaatse polisie se beskerming-en-veiligheidsdienste het Donderdag in die vroeë oggendure sy vriendin, Jacoba Christie (34), en homself in Grasland 2, Bloemspruit, met sy dienspistool doodgeskiet.

Christie se kinders, Geraldine (12), Jade (11) en Dale (6), was glo in die huis toe hul ma doodgeskiet is. Sy en die polisieman het nie saam kinders gehad nie.

Dit kom nadat ’n Bloemfonteinse polisieman drie slapende kinders, sy minnares en homself op 15 April geskiet het.

Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê Filander is na Christie se huis. Hy het geweld gebruik om in die huis in te kom.

Hy het Christie vermoedelik vyf keer geskiet en homself toe in die kop geskiet. Albei is in die huis dood.

Volksblad verneem familielede van Christie het Donderdag van Upington na Bloemfontein gekom.

Hulle het Donderdag nie kans gesien om oor die moord en selfmoord te praat nie.

Ao. Daniël Olifant (40), ’n polisiebeampte van Heidedal, het sy minnares, Shirley Scharneck (39), en haar kinders Zwelinzima Linda (5), Zanele Linda (9), Thamsanqa (Thami) Linda (13), en homself vroeër vandeesmaand doodgeskiet.

Die Vrystaatse polisiehoof, lt.genl. Ngwendzeni Sengani, sê dit is tragies dat Filander nie vroeër hulp gesoek het nie.

Volgens Sengani is die gesondheid-en-welstandsdienste vir alle polisielede beskikbaar om hulle met emosionele en sielkundige kwessies te help. “Lede word deurgaans aangemoedig om van die dienste gebruik te maak om tragiese voorvalle soos dié te voorkom.”

Volgens Sengani word bevelvoerders tans opgelei om onder meer waarskuwingstekens van depressie en ander sielkundige kwessies te kan uitken.

Hulle word aangemoedig om pro-aktief op te tree sodat lede betyds hulp kan kry.

- Volksblad

Lees meer oor: sapd  |  moorde  |  polisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.