Nóg ’n peperduur huurooreenkoms gesluit

2011-11-02 09:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die departement van openbare werke het nóg ’n peperduur huurooreenkoms met die sakeman mnr. Roux Shabangu gesluit – dié keer vir die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) se hoofkantoor in Pretoria.

Die polisiewaghond se totale huuruitgawes het deels weens die Shabangu-ooreenkoms in die 2010-’11-boekjaar met bykans 400% toegeneem. Waar die OKD in 2009-’10 nog R4,2 miljoen aan huurooreenkomste bestee het, het dit nou tot R15,6 miljoen gestyg.

Francois Beukman, uitvoerende hoof, het gister by die parlement gesê die OKD het die City Forum-gebou in Vermeulenstraat in Augustus verlede jaar betrek. Hul vorige hoofkantoor was te klein om al die personeel te huisves.

Hy het bevestig die gebou behoort aan Shabangu, maar het volgehou die ooreenkoms is deur die departement van openbare werke gesluit.

Roux Property Fund (Shabangu se maatskappy) was die afgelope jaar in die nuus oor twee huurooreenkomste van sowat R1,8 miljard vir polisiekantore in Pretoria en Durban.

Gwen Mahlangu-Nkabinde, voormalige minister van openbare werke, se kop het verlede week gerol en genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, is ook geskors nadat die openbare beskermer bevind het dié huurooreenkomste met Shabangu is onwettig.

Dit was gister ’n geval van déja vu toe die OKD se nuwe hoofkantoor in die parlement ter sprake gekom het. Lede van die portefeuljekomitee oor polisie het met afgryse oor die hoë uitgawe gereageer en wou weet presies hoeveel die spesifieke huurooreenkoms beloop.

Nie Beukman of sy senior bestuurslede kon daarop antwoord nie. Die OKD se finansiële state tref nie onderskeid tussen die verskillende huurooreenkomste vir kantore oor die land heen nie, maar lys dit as een groot uitgawe.

Annelizé van Wyk (ANC) het die verweer dat die departement van openbare werke vir die huurooreenkoms moet pa staan, afgeskiet. Volgens haar moes die OKD nie daar ingetrek het as hulle dit nie wou gehad het nie.

“Ons is verontrus oor gerugte dat die gebou meer kos as waarvoor julle begroot het en dat dit groter is as wat julle wou hê.”

Van Wyk meen weens dié uitgawe sal die OKD minder geld beskikbaar hê vir operasionele doeleindes – waaronder geld vir ondersoeke en speurders om vergrype deur polisiebeamptes te ondersoek.

Sy wou ook weet hoeveel geld die OKD bestee het om die gebou op te knap voordat hulle daar ingetrek het.

Sindi Chikunga, ANC-LP en komiteevoorsitter, het gewaarsku die topbestuurders sal weer in die parlement moet verskyn om oor dié huurkontrak verantwoording te doen.

“Die huurgeld is te hoog. Elke sent wat julle bestee, behoort aan belastingbetalers en ons het die volste reg om vrae te vra. Wat het julle besiel om daar in te trek? Ons gaan dié ding nie los nie, of julle my kamerade (in die ANC) is, of nie,” het Chikunga gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: roux shabangu  |  skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.