Nóg ’n ministerie bestee baie aan motorhuur

2011-08-04 09:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die ministerie van korrektiewe dienste het sedert Maart 2010 meer as ’n halfmiljoen rand aan die huur van motors uitgegee.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, het Woensdag in antwoord op ’n parlementêre vraag van adv. Lennit Max, DA-LP, besonderhede oor die huur van motors verskaf.

Die minister het by 34 geleenthede gehuurde motors teen ’n koste van R434 373 gebruik.

Die vorige adjunkminister, dr. Hlengiwe Mkhize, het sewe keer motors teen ’n koste van R42 505 gehuur, terwyl die huidige adjunkminister, adv. Ngoako Ramathlodi, ses keer motors gehuur het wat die belastingbetaler R33 355 uit die sak gejaag het.

Luidens Mapisa-Nqakula se antwoord maak die ministeriële handboek voorsiening daarvoor dat ministers ’n amptelike motor vir gebruik in Pretoria en een vir gebruik in Kaapstad kan hê. Die dokument bepaal dat motors gehuur mag word vir gebruik buite dié gebiede.

Die motors word gehuur vir amptelike pligte wat die minister en die adjunkminister buite Gauteng en Kaapstad moet uitvoer as ’n kritieke deel van die openbare deelnameprogram. Die motors stel hulle in staat om hul amptelike pligte en veeleisende skedules na te kom, lui die antwoord.

’n Herrie het vroeër oor die huur van motors losgebars. In die proses het dit aan die lig gekom dat die volgende bedrae sedert Maart 2010 aan die huur van motors bestee is:

- Die ministerie van openbare ondernemings – R201 904;

- Marthinus van Schalkwyk, minister van toerisme, en sy adjunk, Thobile Xasa – R310 888;

- Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, en Geoff Doidge, haar voorganger – R436 911;

- Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne – R251 034;

- Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, en Lulu Xingwana, sy voorganger – R118 083; en

- Rob Davies, minister van handel en nywerheid – R59 183.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.