Nóg ’n minister koop luukse BMW

2009-10-17 08:10
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper

Kaapstad - Me. Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge, het die vierde minister geword wat ’n weelderige BMW van byna R1,2 miljoen as ampsmotor gekoop het.

Sy het die voorbeeld van haar drie ampsgenote – mnr. Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, en mnr. Trevor Manuel, ’n minister in die presidensie – gevolg en die luukse 7-reeks gekies.

Belastingbetalers het ook vir ’n verdere R103 337 se bykomstighede, waaronder spesiale beligting, opgedok. Die spandabelrige aankope is bekend gemaak in antwoord op ’n vraag van mnr. Kenneth Mubu, DA-LP.

Volgens die DA het pres. Jacob Zuma se ministers en hul adjunkte tot dusver saam byna R44 miljoen aan nuwe ampsmotors bestee en beloop die bykomstighede ook amper R1 miljoen.

Nkoana-Mashabane het op 7 Augustus in antwoord op ’n afsonderlike vraag van die DA gesê haar departement probeer ook geld bespaar. “Verskeie besparingsmaat- reëls word geïmplementeer om hulpbronne aan noodsaaklike dienste en prioriteite te herlei.”

Volgens Mubu is dit ’n leë belofte, “want die dade weerspreek die woorde”.

Me. Tiesa Naude, ’n verkoopskonsultant by ’n BMW-handelaar in Kaapstad, het gesê die 7-reeks-model is een van die luuksste sedans op die mark.

“Al die nuutste voertuig-tegnologie word in dié model vervat.”

Luidens die ministeriële handboek mag ministers tot R2,4 miljoen aan ampsmotors bestee. Maar hoewel dit binne die reëls geskied, is die vraag ter sprake of dit geregverdig is, meen prof. Dirk Kotze van Unisa.

“Die gaping tussen ryk en arm word al groter en politieke ampsdraers is veronderstel om rolmodelle te wees wat nie uitspattig leef nie.”

- Die Burger

Lees meer oor: bmw  |  regering  |  blade nzimande

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.