Nóg ’n lid sleep SAPD só hof toe

2009-08-20 07:10
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Nóg ’n saak waarin ’n wit polisie-offisier weens haar velkleur bevordering geweier en die pos daarna jare lank vakant gelos is, word binnekort in die arbeidshof aangehoor.

Die hof sal dus tog gevra word om te besluit of regstellende aksie belangriker as dienslewering is, het Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, gesê. Dié vakbond voer die saak namens die offisier, kapt. Renate Barnard.

Die eerste saak van dié aard, waarin vier wit forensiese wetenskaplikes in die polisie die weiering van hul bevordering betwis het, sou aanstaande maand begin, maar die SAPD het buite die hof geskik.

In Barnard se saak het komm. Jackie Selebi, die destydse polisiehoof, self ingegryp en haar aanstelling in ’n nuwe kernpos in die SAPD se nasionale inspektoraat, die klagte-ondersoek-afdeling, in Pretoria verbied.

’n Keuringspaneel het Barnard twee keer as die beste kandidaat vir die pos van superintendent in die inspektoraat – wat geskep is om diens aan die publiek te verbeter – aangewys. Die inspektoraat ontvang klagtes oor dienslewering van die publiek en ondersoek dit.

Die pos is in September 2005 geadverteer. Barnard het saam met verskeie ander kandidate daarvoor aansoek gedoen. Die keuringspaneel het ná onderhoude ’n punt van 86,67% aan haar toegeken. Dit was 17,5% meer as die punt wat hulle aan ene kapt. Shibambu, die enigste ander ernstige kandidaat, toegeken het.

Die paneel het bevind die verskil tussen Barnard en Shibambu is só groot dat dienslewering in gedrang sou wees as Shibambu die pos kry.

Hulle het dit aan Barnard toegeken, maar ene asst.komm. Rasegatla, die afdelingskommissaris, het besluit die pos moet weens regstellende aksie-oorwegings nie gevul word nie.

Die pos is egter ’n jaar later weer geadverteer en Barnard het weer daarvoor aansoek gedoen. ’n Keuringspaneel het weer beslis sy is die enigste realistiese kandidaat.

Rasegatla het dié keer besluit sy moet die pos kry. In sy aanbeveling daaroor aan Selebi het hy uitgewys ander kandidate wat verteenwoordigendheid kon bevorder, het ’n jaar tyd gehad het om te verbeter om met haar mee te ding, maar dit nie gedoen nie.

“Versuim om aan haar erkenning te gee en haar nie in die pos aan te stel nie, sal waarlik ’n verkeerde boodskap aan haar stuur,” het Rasegatla volgens hofstukke aan Selebi geskryf.

Nogtans het Selebi haar aanstelling afgekeur op grond daarvan dat dit nie regstellende aksie sou bevorder nie. Hy het die pos afgeskaf.

Barnard is nog ’n kaptein en beklee dié rang nou al 12 jaar lank. Sy is onlangs na die SAPD se ouditafdeling oorgeplaas.

Die arbeidshof in Johannesburg sal die saak van 16 November aanhoor.

Hermann het gesê regstellende aksie gaan te ver as misdaadvoorkoming daardeur benadeel word.

“Niemand word reggestel as ’n pos vakant gelaat word nie. Al wat gebeur is dat dienslewering verswak.”

– Beeld

Lees meer oor: regstellende aksie  |  polisie

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.