Nóg 'n getuie wys vinger na ET-beskuldigdes

2011-10-12 12:15
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – ‘n Vyfde getuie sê Eugene Terre'Blanche se vermeende moordenaars het erken dat hulle die AWB-leier vermoor het.

Sers. Jack Ramonyane, ‘n polisiebeampte, het Woensdag in die rondgaande hof op Ventersburg teen die plaaswerker Chris Mahlangu en ‘n minderjarige getuig.

“... Mahlangu het aan my verduidelik dat hulle met hul werkgewer baklei het; oor twee maande se lone wat nie betaal is nie,” het Ramonyane in die hof gesê.

“Ek het hom toe gevra hoe ernstig sy werkgewer beseer is... Mahlangu het gereageer deur te sê: ‘Ons het hom doodgemaak’.”

Ramonyane sê hy het bang gevoel ten tyde van Mahlangu se verduideliking.

“Hy [Mahlangu] het nie soos iemand gelyk wat so iets kon doen nie aangesien hy vry, kalm en nie bang was nie.”

Die beskuldigdes het aan Ramonyane gesê dat hulle genoeg gehad het.

Ramonyane sê Mahlangu het aan hom gesê hy het Terre'Blanche se selfoon gehad en wou dit verkoop om sy agterstallige lone te vergoed.

Die polisiebeampte het op 3 April 2010 die gebied gepatrolleer toe hy op die beskuldigdes naby die plaaslike treinspoor afgekom het.

Vier ander getuies het reeds getuig dat Mahlangu en die tiener erken het dat hulle die misdaad gepleeg het.

Beide het skuld ontken op aanklag van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die tiener enige betrokkenheid ontken het.

Ramonyane se getuienis duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: eugene terre'blanche  |  hof  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
38 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.