Nóg ’n boer in Vrystaat aangeval

2010-09-27 06:44
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Clarens - Nóg ’n boer is die naweek in die Oos-Vrystaat aangeval, wat die getal plaasaanvalle in dié gebied sedert Julie reeds op vier te staan bring.

Eddie Cressy (65) van die plaas Beginsel op Clarens is op Erfenisdag vroegaand in sy huis deur vier mans oorval.

Sers. Majang Mosupa, polisiewoordvoerder, sê een het ’n saag teen sy keel gedruk en een ’n .22-geweer in sy mond.

Hulle wou geld hê.

Cressy het glo nie kontant in sy huis gehad nie en is geskop en geslaan.

Mosupa sê die mans het na bewering in ’n wit taxi oor die grens gevlug.

Hulle het glo slegs ’n kamera gesteel.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, wou Cressy nie hospitaal toe gebring word nie.

Botha sê die nooddienste het hom met hul aankoms met ’n sak oor sy kop gekry.

In ál vier plaasaanvalle sedert Julie was die slagoffers ouer as 60 en was die rowers op soek na kontant.

Ignus Meyer Jordaan (63) van die plaas Saraswoning naby Fouriesburg, is vroeër die maand beseer nadat hy deur twee mans met knopkieries aangerand is.

Een verdagte is reeds deur die Fouriesburg-polisie aangekeer.

Dirk Odendaal (80) en sy vrou, Tossie, is kort voor die voorval op hul plaas, Verdun, buite Bethlehem deur drie mans met klapmusse aangeval.

’n Mes is teen mev. Odendaal se keel gedruk en sy is geslaan.

Mnr. Odendaal se been is met ’n breekyster geslaan.

Dié egpaar is daarna in die koelkamer buite die huis toegemaak.

Twee vermeende rowers wat vir dié aanval aangekeer is, word met die aanval op Gert Lange (67) van die plaas Vaalbank naby Bethlehem verbind.

Lange is in Julie ook deur drie mans met klapmusse in sy plaashuis oorval. Hy is in sy gesig en bors met ’n mes gesteek en herhaaldelik in sy ribbes, gesig en teen sy kop geskop.

Dumisane Desmond Radebe (30) en Bafana Jonas Nhlapo (31), gaan op 15 Oktober in die Bethlehem-landdroshof verskyn.

Pinkie Craven, veiligheidsbeampte van Vrystaat Landbou (VL) in die Thabo Mofutsanyane-distrik, sê hulle vra nie dat mense noodwendig deel word van VL nie, maar “boere moet ten minste deel wees van hul gebied se veiligheidstelsel”.

Hy sê nie een van die mense wat in dié voorvalle betrokke was, was op grondvlak aktief betrokke by die VL se veiligheidstrukture nie.

Craven sê hoewel VL nou met die polisie saamwerk, kan hy ongelukkig nie ondersoek instel op voorvalle van nie-lede nie.

Hy sê misdadigers soek sagte teikens soos bejaarde mense en gebiede waar daar nie patrollie gery word nie.

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde  |  misdaad  |  plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.