Nog 'n VS-plaasmoord skok

2011-02-21 07:02
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Oorlog word teen boere gevoer en hulle moet hulself dienooreenkomstig voorberei en paraat wees, sê Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, ná die soveelste plaasmoord in die provinsie.

Familielede van Helgard Muller (66) wat Saterdag op die plaas Mara in die Frankfort-distrik in die kop geskiet is, was Sondag nog erg geskok en emosioneel.

“Ek gaan nie daaroor kom nie,” het Muller se jongste seun, Helgard jr., gesê.

Dit was die derde plaasaanval in die Oos-Vrystaat binne net meer as ’n week en sover bekend die derde boer wat in aanvalle in bykans drie weke gesterf het.

Pres. Jacob Zuma se woordvoerder, Zizi Kodwa, het Sondag gesê selfs een moord is te veel.

“Elke moord moet veroordeel word – of dit nou op ’n boer of sy werker is,” sê Kodwa.

William Bulwane, woordvoerder van die Vrystaatse premier, se selfoon was Sondag af en dus kon kommentaar nie van Ace Magashule verkry word nie.

Sibongile Besani, provinsiale sekretaris van die ANC, sê die landbousektor is die provinsie se “kosmandjie”.

Volgens hom het die ANC ’n visie vir werkskepping, soos wat die president in sy staatsrede gesê het. “Die dood van ’n boer sal werkskepping negatief raak.”

Volksblad het by Kodwa en Besani navraag gedoen nadat ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), gesê het sedert Zuma se staatsrede op 10 Februarie het sowat een plaasaanval per dag in die land plaasgevind.

Intussen loop die gemoedere hoog onder Vrystaatse boere oor die oënskynlike toename in plaasmoorde.

Pinkie Craven, ’n veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê dit gaan ’n moeilike taak word om boere te keer om nie eie reg te gebruik nie.

“Die mense soek antwoorde.”

Paul Kirsten van Damplaas en Hennie Taljaard van die plaas Lengte, albei in die Frankfort-distrik, sê die doodstraf moet heringestel word.

“’n Mens baklei en vra dat dit (plaasaanvalle) stopgesit moet word, maar net niks gebeur nie,” sê Taljaard.

Hy en Muller was sedert hul skooljare vriende.

“Ons is nou regtig siek en sat hiervoor. Daar is geen wet en orde in die land nie,” sê Kirsten.

Dan Kriek, adjunk-president van VL, het gevra vir “beredeneerde kalmte” en sê hulle sal weer die regsproses ondersteun aangesien die oppergesag van die reg ononderhandelbaar is.

Wessel Bibbey, van die plaas Merrivale in die Frankfort-distrik, sê om kwaad met kwaad te vergeld, is nie ’n oplossing nie.

Boere word gewaarsku om opnuut paraat te wees en VL se gebeurlikheidsplan te ondersteun.

Muller word oorleef deur sy vrou, Marietjie (61), seuns, Nelis (40), Niel (39) en Helgard jr. (27), dogter, Hanneke Coetzee (36), en sewe kleinkinders.

Maria Nel, haar man, Peet, en skoonsuster, Adrie van Heerden, is op 10 Februarie op hul plaas buite Bethlehem deur vier gewapende rowers aangeval.

Dieselfde dag is twee huishulpe op die plaas Rexford buite Paul Roux deur rowers aangehou.

Die Stellenbosse boer Alberto Costa (44) van die wynplaas Cloetesdal is Vrydag in die vroeë oggendure in ’n aanval doodgeskiet.

Dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit, se oom, Frik Hermann (78), se erg ontbinde lyk is op 8 Februarie op sy plaas, Die Laaste Watergat, in Limpopo gekry.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Hermann is vermoedelik bykans ’n week tevore vermoor.

Hermann het gesê sy oom is die 1647ste boer wat volgens die TLUSA se statistieke sedert 1991 in Suid-Afrika vermoor is.

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.