Nog ’n Limpopo-boer sterf

2010-03-03 07:11
Tweets Share Share line Print

Marietie Louw-Carstens

Johannesburg - In die derde moord op die Limpopo-platteland binne vier dae is ’n bejaarde man van Bela-Bela (Warmbad) se lyk gister op ’n hoewe buite die dorp gevind.

Die polisie het gisteroggend op Ron Smith (70) se lyk afgekom op sy bed in ’n rondawel op ’n hoewe in die Droogekloof-gebied sowat 15km op die pad na Thabazimbi.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Smith se hande was aan die bed se kopstuk vasgebind. Hy het ’n skietwond in die linkerknie gehad.

Otto het gesê dit lyk of die moordenaar(s) by ’n venster ingekom het.

Van Smith se familie wat in Benoni aan die Oos-Rand woon, het bekommerd geraak toe hulle hom nie in die hande kon kry nie.

Hulle het Dinsdagoggend die Bela-Bela-polisie gebel. Smith is vermoedelik tussen Sondag 20:00 en eergisteroggend vermoor.

Otto het gesê dit is onduidelik of iets uit die rondawel gesteel is.

Die moord kom kort ná twee gru-moorde die naweek in Limpopo.

Etienne Cammaerts (61) is Vrydag op sy plaas in die Lephalale (Ellisras)-distrik keelaf gesny.

Paul Dunn (49), plaasbestuurder van Constantia Produkte, ’n sitrusplaas in die Letsitele-gebied, is Saterdag in die vroeë oggendure doodgeskiet.

Twee mans verskyn Woensdag in die Mokopane (Potgietersrus)-landdroshof weens die moord op Cammaerts, ’n Belg.

Otto het gesê ’n 29-jarige man en sy 20-jarige makker is Maandag laat in die Villa Nora-gebied weens dié moord aangekeer. Niks is van Cammaerts gesteel nie. Sy lyk is op ’n verlate grondpad naby ’n waterpan op die plaas gekry.

Intussen moet Dunn se stiefseun, Ruan (16), berading ontvang nadat hy op sy bebloede lyk afgekom het.

Tanya Dunn het Dinsdag gesê haar seun is uiters geskok.

Sy en Ruan het Vrydagaand in die nabygeleë Tzaneen oorgeslaap. Hulle is Saterdagoggend na die plaas. “Ek bel gewoonlik vir Paul om die hek oop te maak, maar hy het nie geantwoord nie,” het sy gesê.

Sy het by die huis ook die toeter herhaaldelik gedruk, maar daar was geen antwoord nie. Ruan het by die kombuisvenster ingekyk en sy stiefpa se lyk op die vloer sien lê.

“Hy (Ruan) het verskriklik geskree. Ek het gaan kyk en hom daar sien lê... ek was so geskok,” het sy gesê.

“Baie mense is nou kwaad en wil wapens opneem, maar wat sal dit help? Dit gaan nie my man terugbring nie,” het Dunn gesê.

Vyf mense is in Februarie op plase in Limpopo vermoor.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-inisiatief AfriForum, het Dinsdag gesê hulle het by Fifa beswaar gemaak omdat die WB 2010-stadion in Polokwane (Pietersburg) na Peter Mokaba genoem is. Mokaba was berug om sy slagspreuk “Kill the Boer, kill the farmer”.

“Mokaba was ’n aanstigter tot moord op plaasboere. Nadat sy slagspreuk berug geword het, is meer as 2 000 mense op plase in Suid-Afrika vermoor. Ons is seker Fifa sal nie toelaat dat ’n sokkerstadion na Adolf Hitler genoem word nie. Dit is ’n klap in die gesig van die naasbestaandes van duisende slagoffers van plaasmoorde,” het Kriel gesê.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

sanet1234 sê... Dit is onvanpas om so 'n skildery van enige persoon te maak, wat nog van jou land se President. Wat reg is, is reg. Laat hulle die sondaars dagvaar. Dit is 'n bespotting van 'n familielid/bekende teenoor die hele wêreld. Ek sê weer, wat reg is, is reg. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Reporting Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Financial Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.