Nóg ‘n Cope-hofsaak dreig
2010-07-19 09:41
Johannesburg – Cope se adjunk-president, Mbhazima Shilowa, het die afgelope naweek gedreig dat hy die party se leier, Mosiuoa Lekota, wéér hof toe sal sleep.
Dít kom ná Shilowa glo van sy pligte as hoofsweep ontneem is, het die Dispatch Online Maandag berig.
“Ek het die hooggeregshof in die Wes-Kaap dringend genader,” het Shilowa glo aan die Dispatch Online gesê.
Volgens Phillip Dexter, Cope-woordvoerder, het die party teen Sondagaand nog geen amptelike dokumente ontvang om hul van die regstappe in kennis te stel nie.
“Hy weet nie waarvan hy praat nie. Hy is nie van sy pligte as hoofsweep ontneem nie. Die party het slegs beslis dat hy gedurende die forensiese oudit nie as ondertekenaar mag optree nie,” het Dexter gesê.
Lekota het Shilowa in die publiek van wanbestuur beskuldig. Dít het gelei tot ‘n onenigheid tussen die party se leiers en ‘n hofsaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA