Nóg klagte van haatspraak teen Malema

2010-03-16 04:42
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - 'n Tweede klag van haatspraak is Maandag in die gelykheidshof teen Julius Malema sowel as die ANC aanhangig gemaak.

Dit volg nadat die ANC-jeugligaleier by 'n onlangse studentebyeenkoms in Johannesburg "skiet die boere" gesing het.

Die klag volg kort op die hakke van Malema se skuldigbevinding Maandagoggend op 'n vorige aanklag van haatspraak.

Richard Maluleke, die hofklerk, het Maandagmiddag gesê die hof het die tweede klag teen Malema aanvaar.

Die klag is deur AfriForum Jeug gelê.

Malema en die ANC het 10 dae om op die klag te reageer.

Die gelykheidshof in Johannesburg het Maandag vir Malema skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering.

Mbuyiselo Botha, raadgewer van die Sonke Gender Justice Network, het Malema hof toe gesleep nadat die ANC-jeugleier in Januarie 2009 gesê het die vrou wat pres. Jacob Zuma van verkragting aangekla het, het “ ’n lekker tyd gehad”.

Hy het dié stelling voor sowat 150 studente aan die Universiteit van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) gemaak.

Luidens hofstukke het Malema gesê “wanneer vrouens dit nie geniet het nie, gaan hulle vroeg die volgende dag huis toe. Dié wat ’n lekker tyd gehad het, wag tot die son opkom, eis ontbyt en vra vir taxi-geld.”

Malema het bygevoeg dat die betrokke vrou wel vir ontbyt gebly het, en taxi-geld gevra het.

Hy het verwys na die vrou wat Zuma van verkragting beskuldig het.

- Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema  |  haatspraak  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.