Nog geen probleme met petrol

2011-07-12 09:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Hoewel petrolpompe landwyd vinnig kan leegloop, is daar nog geen probleme met beskikbaarheid van brandstof in die Vrystaat en Noord-Kaap nie.

Duisende werkers van die nywerheidschemikalieë- en petroleum-sektor het Maandag begin staak.

Sowat 17 000 van hul lede van die metaalwerkersvakbond Numsa staak. Honderde lede van die Chemical Energy Paper Printing Wood and Allied Workers’ Union (Ceppwawu) wat werkers in sewe verskillende sektore verteenwoordig, neem ook aan die staking deel.

Albei vakbonde dring op ’n 13%-salarisverhoging en die afskaffing van arbeidsmakelaars aan.

Verteenwoordigers van PetroSA het die naweek reeds vrese uitgespreek dat vulstasies sal moet sluit as die staking te lank uitgerek word.

Peter Noke, nasionale direkteur van die Suid-Afrikaanse Petroleum-kleinhandelaarsvereniging, sê die staking sal eers later die week ’n krisispunt bereik.

“Die meeste diensstasies sou volgemaak het. Die probleem is die bergingskapasiteit. Al is daar voorsiening gemaak, sal daar slegs vir ongeveer vier dae brandstof wees.”

Noke sê hoewel dit oor vraag en aanbod gaan en dit moeilik is om presies te bepaal hoe lank daar nog brandstof beskikbaar kan wees, sal tekorte van Donderdag af begin voorkom.

“Die probleem met die staking is dat voertuie nie by die depots sal kan uitkom nie.”

Noke sê vakbonde sukkel om hul lede te beheer.

“Werknemers wil dinge moeilik maak omdat hulle werkgewers wil dwing om aan hul vereistes te voldoen.”

Hy sê groot paniek is nog nie nodig nie maar mense moet sorg dat hul motors se brandstoftenks liefs bo die halfpadmerk is.

In Bloemfontein is daar nog volop brandstof beskikbaar.

Johan Brits berig Johan Malan, eienaar van die Shell Dakota Motors-vulstasie op Kroonstad, sê hulle vat dit dag tot dag.

“Dit is moeilik om te voorspel, maar vandag (Maandag) is alles nog reg hier.”

Dié vulstasie is een van die besigste en grootste op Kroonstad.

Die Total-vulstasie op Heilbron het Maandagoggend ’n brandstoftekort gehad, maar ’n noodvrag is gestuur.

Die Engen-Kroonvaal op die N1-hoofweg buite Parys het gister nog geen brandstofprobleme ervaar nie.

Vulstasies in die Goudveld het voorsiening gemaak vir ’n moontlike tekort aan petrol, berig Tom de Wet.

Carel Preller van Etienne Motors (Engen), die grootste vulstasie in die Goudveld, sê hulle kry hul brandstof van die depot op Kroonstad, wat per pypleiding direk met die raffinadery verbind is. By die vulstasie het hulle hul daaglikse aankoop van brandstof bykans verdriedubbel en gaan dit so hou totdat die brandstof by die raffinadery en depot opdroog.

Phillip van der Merwe van Flamingo Motors (Shell) sê hulle het ook voorsorg getref, maar teen gister was daar nog nie meer motoriste wat hul motors kom vol maak het nie.

Willem van der Berg berig Quintin Fincham van die Primestop Engen op Bethlehem sê daar is nog geen brandstoftekort hier nie.

In die Noord-Kaap is geen tekorte nog aangemeld nie. Tom Burger, bestuurder van Shell in Bultfonteinweg in Kimberley, het aan André Damonsgesê meer mense het Maandag petrol ingegooi as gewoonlik. 

- Volksblad

Lees meer oor: petrol  |  stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.