Nog geen kontak tussen ANCYL, Mbeki

2012-01-11 19:47
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Oudpresident Thabo Mbeki se kantoor het teen Woensdag nog geen kontak van die ANC-Jeugliga gehad rakende ‘n moontlike vergadering met hom nie, het sy woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, gesê.

Die geskorste president van die ANCYL, Julius Malema, het Dinsdag tydens ‘n onderhoud op Safm gesê dié organisasie sou ‘n vergadering met Mbeki aanvra om hom te oortuig om meer sigbaar en uitgesproke oor Suid-Afrika se ekonomie en beleid te word.

Dit is nie die eerste keer dat Malema Mbeki prys nie. In Junie verlede jaar het hy gesê Mbeki is een van die beste kaders nóg uit die ANC. In 2008 het hy hom egter gekritiseer en gesê hy moet deur President Jacob Zuma vervang word.

Malema het hom destyds ‘n “diktator” en ‘n “dooie slang” genoem, na aanleiding van Regter Chris Nicholson se uitspraak in 2008 dat Mbeki ingemeng het by die sake van die Nasionale Vervolgingsgesag en die vervolging van Zuma.

Mbeki is later deur die ANC “herroep” as president, voordat Nicholson se beslissing in 2009 omgekeer is deur die appèlhof.

Ratshitanga het Dinsdag aan Timeslive gesê Mbeki sal geen probleem hê met ‘n vergadering met die ANCYL nie.

“Die voormalige president het aangedui hy is bereid om met enige Suid-Afrikaner te vergader as hy tyd het. Die aanvraag sal soos ander aanvrae hanteer word. “

Aubrey Matshiqi, politieke analis verbonde aan die Helen Suzman Stigting, het gesê daar is twee moontlike redes vir Malema se verandering van standpunt teenoor Mbeki.

“Een kan wees dat hy werklik van siening verander het. Die ander moontlikheid is dat Mbeki slegs ‘n wapen kan wees in ‘n politieke stryd om te onderstreep wat beskou word as swak leierskap van Jacob Zuma,” het hy gesê.

Malema het onlangs liedjies gesing waarin hy na Zuma as “Die Stortman” verwys. Dit is ‘n verwysing na Zuma wat in 2006 aan die Hooggeregshof in Johannesburg gesê het hy het gestort om te voorkom dat hy MIV kry nadat hy onbeskermde seks met ‘n MIV-positiewe vrou gehad het.

Dit was tydens ‘n saak van verkragting teen hom. Hy is vrygespreek.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: thabo mbeki  |  julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.