Nog drie operasies wag op hartbaba

2010-01-23 14:30
Tweets Share Share line Print

Susan Cilliers

Johannesburg - Minstens drie groot hartoperasies lê nog vir klein Ashleigh-Karin Louw voor nadat sy twee weke gelede in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal met ’n seldsame ontwikkelingsafwyking gebore is.

Die toestand, pentalogie van Cantrell, veroorsaak dat Ash­leigh-Karin se borsbeen, diafragma en maagwand nie voor haar geboorte behoorlik ontwikkel het nie. ’n Gedeelte van haar hart en ingewande is buite haar borskas.

Haar maagwand en diafragma is intussen herstel, die ingewande teruggeplaas en haar hart sover moontlik in haar borskas teruggedruk. Sy is steeds in ’n kritieke, maar bestendige toestand.

Prof. Antoinette Cilliers, pediatriese kardioloog, het gesê Ashleigh-Karin het ook verskeie hartafwykings, bekend as trikuspedale atresie.

“Dié defekte kan omseil word, maar Ashleigh-Karin sal nooit ’n normaal funksionerende hart hê nie.”

’n Gesonde hart funksioneer soos volg: Suurstofarm bloed word in die boonste regterkantste hartkamer (regteratrium) gestort. Dié bloed vloei deur ’n klep afwaarts na die onderste regterkantste hartkamer (regterventrikel). Die regterventrikel pomp die bloed dan deur ’n aar na die longe, waar die suurstofarmbloed weer suurstof kry.

Die suurstofryke bloed word hierna uit die longe in die boonste linkerkantste hartkamer (linkeratrium) gestort.

Hiervandaan vloei dit afwaarts deur ’n klep na die onderste linkerkantste hartkamer (linkerventrikel). Dié ventrikel pomp die suurstofryke bloed deur die aorta na die hele liggaam.

Ashleigh-Karin se regterventrikel is onderontwikkel. Daar is ook openinge tussen die linker- en regterventrikel en tussen die linker- en regteratrium.

“Dít alles veroorsaak dat suurstofryke en suurstofarm bloed meng en die bloed wat deur die aorta in Ashleigh-Karin se liggaam teruggepomp word nie genoeg suurstof het nie. Te veel bloed word ook in haar longe gepomp.”

Volgens Cilliers sal die aar wat die bloed na die longe pomp gedeeltelik gebind moet word. Later sal suurstofarmbloed vanaf die bolyf direk na die longe herlei word.

Suurstofarmbloed sal ook vanuit haar onderlyf herlei word.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: hospitale  |  gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SêNet sê... Verbied die verdomde goed, Dit is lewende tydbomme wat wag om te ontplof. Hoeveel onskuldige lewens is nou weer gevat deur een onnosele roekelose, nalatige taxi bestuurder of moet ek se taxi-moordenaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Playa 1.6 5-dr
2000
R 56,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2011
R 345,900.00

TOYOTA

Yaris ZEN3 Sedan 1.3 Plus
2011
R 129,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.