Nog baie vrae oor Blou Bul Bees

2010-08-30 06:44
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – “Daar is soveel onbeantwoorde vrae. Ons is self nie doodseker wat gebeur het nie,” het mnr. James Adams, die Blou Bul-stut Bees Roux se agent, gister gesê.

Roux is sedert Vrydagoggend in aanhouding nadat hy na bewering ’n lid van die Tshwane-metropolisie so erg aangerand het dat hy aan sy beserings beswyk het.

Roux sal na verwagting vandag in die Pretoriase landdroshof om borgtog aansoek doen.

Volgens Adams sal daar ná die borgtogaansoek meer duidelikheid oor die omstandighede van die voorval wees.

“Die belangrikste ding is nou om Bees uit polisie-aanhouding te kry en om dit so vinnig as moontlik te doen,” het Adams bygevoeg.

Roux is Vrydag in die vroeë oggendure deur metropolisielede afgetrek omdat hy glo onder die invloed bestuur het. ’n Onderonsie het tussen Roux en sers. Ntshimane Johannes Mohale (38) ontstaan, waarna Roux hom glo aangerand het.

Mohale het op die toneel, op die hoek van Richard- en Schoemanstraat, aan sy beserings beswyk.

Lt.kol. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, wou gister nie sê of selfverdediging deel van die polisie se ondersoek uitmaak nie.

“Al die aspekte en bewerings sal deel vorm van die ondersoek,” aldus Opperman.

Tientalle van Roux se vriende het hom op Facebook sterkte toegewens en gesê hulle bid vir hom. Die Blou Bulle is verbied om oor Roux te praat.

volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: aanranding  |  blou bulle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.