Nóg 2 lyke ná storm in KZN gevind
2012-01-12 14:45
Durban – Nóg twee lyke is ná ‘n storm in die KwaZulu-Natalse Middellande gevind, het die provinsiale departement van samewerkende regering gesê.
Die sterftesyfer van die storm staan nou op sewe.
“Twee lyke is Woensdag in ‘n rivier naby KwaSenge in Kranskop gevind, het Lennox Mabaso, ‘n woordvoerder vir die departement, gesê.
Die twee mense wat dood aangetref is, het vermoedelik op 31 Desember saam met twee ander mense tydens ‘n massiewe storm in uMsinga en uMvoti vermis geraak.
Mabaso sê die storm het sowat 300 huise verwoes.
Vyf mense is direk ná die storm dood gevind. Een van hulle is deur weerlig getref.
Volgens die departement van samewerkende regering sal die soektog na die ander twee vermiste mense voortduur.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA