Nkonyeni vra OB om in te gryp
2011-10-29 13:43
Johannesburg – Peggy Nkonyeni, speaker van die KwaZulu-Natalse wetgewer, het adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer, genooi om bewerings deur die DA, dat sy finansiële voordeel trek uit haar posisie, te ondersoek.
"Ek sal die openbare beskerm, Thuli Madonsela, nooi om hierdie bewerings te ondersoek sodat my naam vir eens en altyd skoon kan wees," het Nkonyeni Saterdag in 'n verklaring gesê.
Nkonyeni se woordvoerder, Wonder Hlongwa, het gesê die bewerings is gemaak om "Nkonyeni se beeld te skaad" en haar "skuldig te bevind in die hof van openbare opinie".
"Die enigste manier om haar naam skoon te kry is om 'n onafhanklike liggaam, soos die kantoor van die openbare beskermer, te kry om die aantygings te ondersoek," het Hlongwa gesê.
Die provinsiale DA-leier Sizwe Mchunu het vroeër beweer dat Nkonyeni as direkteur gelys is van 13 maatskappye, onder andere drie wat al met die provinsiale regering sake gedoen het.
– Volg Nuus24 op Twitter.