Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Nkandla: Besonderhede oor projek 'vertroulik'

2012-10-05 15:17
Tweets Share Share line Print

(City Press)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Kaapstad – Nadere besonderhede oor die spesifieke onkoste wat aangegaan is om opknappingswerk aan pres. Zuma se woning by Nkandla te doen, sal nie bekendgemaak word nie omdat dit vertroulike inligting is, het die departement van openbare werke Vrydag gesê.

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het in 'n mediakonferensie gesê die departement sal nie die presiese bedrag bekendmaak wat deur die president self gedek is nie.

Die departement het ook gesê maatreëls in die ministeriële handboek kan nie gebruik word as maatstaf vir die staatshoof nie, omdat die president se benodigdhede meer is as dié van gewone ministers.

"Ons wil dit duidelik stel dat die ontwikkeling by Nkandla nie uniek is aan hierdie perseel nie; dit is dieselfde as die werk wat by enige van die ander soortgelyke eiendomme gedoen word," het Nxesi gesê.

"Toe pres. Zuma president geword het, het almal besef sekerheidsmaatreëls moet opgeskerp word. 'n Span kenners het die sekerheidsituasie hersien en aanbevelings gemaak. As deel van hierdie proses is nuwe kapasiteit aangevra in en om die privaat woning van pres. Zuma. Die benadering tot hierdie proses is gebaseer op die ontleding wat deur kenners gedoen is."

Dié aanbevelings het volgens die minister 'n rits spesifieke take ingesluit, soos die versterking van die eiendom se grense, die oprigting van sekerheidsheinings, die verskaffing van brandbestrydingstoerusting by helikopterplatforms, die opknapping van paaie in die gebied en die oprigting van 'n sekerheidsgebou. Voorsiening moes ook gemaak word vir water en 'n behoorlike rioolstelsel, 'n kliniek om mediese noodgevalle te hanteer, sowel as sekerheidstelsels vir al hierdie geriewe.

"Ons is bly om aan te kondig dat, hoewel daar 'n paar haakplekke was, ons aan die meeste van hierdie vereistes kon voldoen," het die minister gesê.

"Ons het hierdie werk gedoen terwyl die president ook besig was om sy eiendom teen sy eie koste op te gradeer."

Die City Press het vroeër berig dat die uitgebreide kompleks deur die departement van openbare werke opgegradeer word teen R203 miljoen.

Beeld het Vrydag berig dat die grond waarop die kompleks geleë is, deel is van kommunale grond in besit van die Ingonyama-trust, en nie deur pres. Jacob Zuma self besit word nie.

Die Ingonyama-trust bedryf 32% van alle grond in KwaZulu-Natal namens die staat. Dié trust staan onder leiding van koning Goodwill Zwelithini.

Die dagblad het berig dat die departement van openbare werke tans besig is om die huurkontrak op die grond oor te neem, en dat dit in die toekoms so min as R1 000 per jaar kan wees.

Zuma gebruik Nkandla as sy plattelandse wegbreekplek.

– Volg Nuus24 op Twitter.

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Secret Agent: Hendrik Potgieter sê... Mthembu bewys maar net die BBC en Roets se punt. Dis mos nou wat mens dienslewering noem. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Bryanston - 11:15 AM
    Road name: Main Road Southbound
    DELAYS approaching William Nicol Drive
  • Tuesday Crown - 11:11 AM
    Road name: M2 Westbound
    DELAYS throught the Crown Interchange towards Main Reef Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Procurement Officer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.