Niggies moontlik in die Kaap ontvoer
2010-12-22 20:07
Kaapstad – Polisie in Kaapstad het Woensdag gesê dat twee tieners wat in die suidelike skiereiland verdwyn het moontlik ontvoer is, het Eyewitness News Woensdag berig.
Die twee niggies, Charne Davis, 17, en Anika Bock, 20, was Vrydag op Vishoek se strand en is laas by die Retreat-treinstasie gesien.
Richard Tonkin van die polisie het ‘n beroep gedoen op enigeen met inligting oor die meisies om die polisie te kontak.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter