Nigeriërs vas oor vervalste Amerikaanse geld
2011-06-07 11:31
Johannesburg – Twee Nigeriërs is Maandag in Bramley in hegtenis geneem nadat vervalste Amerikaanse dollar met 'n sigwaarde van sowat R540 miljoen (VSA$80 miljoen), het die polisie gesê.
Lt.kol. Tshisikhawe Ndou het gesê die polisie het 'n wenk ontvang en na 'n huis in Bramley gegaan waar die vyf trommels met vervalste geld gevind is.
Die mans, 40 en 41 jaar oud, is in hegtenis geneem.
Die polisie het ook beslag gelê op 18 selfone wat vermoedelik gesteel is, en sewe Ingersoll-horlosies ter waarde van R700 000.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA