Nigeriër met dwelms vas by busterminaal
2011-06-02 10:55
Johannesburg – 'n 38-jarige Nigeriese man is in hegtenis geneem nadat hy glo in dwelms gehandel het by 'n busterminaal by Park-stasie in Johannesburg, het die polisie in Gauteng Donderdag gesê.
Die man is Woensdagaand in hegtenis geneem toe die polisie patrollies in die gebied gedoen het, het ao. Xoli Mbele gesê.
"Passasiers in 'n Roadlink-bus wat op pad was na Durban, is deursoek."
"Ecstacy-tablette en poeier met 'n straatwaarde van R6 000 is in 'n blou plastieksak, wat aan die verdagte behoort, gevind," het Mbele gesê.
Die man is in hegtenis geneem en verskyn binnekort in die hof.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA