Nieroorplanting-dokters dalk vry

2010-11-28 12:34
Tweets Share Share line Print

Durban - Die KwaZulu-Natalse dokters wat aangekla word oor hul beweerde betrokkenheid by meer as 100 onwettige nieroorplantings kan moontlik skotvry daarvan afkom.

Die dokters kan moontlik ’n pleitooreenkoms met die nasionale vervolgingsgesag (NVG) aangaan. Doen hulle dit, sal hulle ’n afwentelingsprogram moet volg, gemeenskapsdiens moet verrig en berading moet kry.

Sodoende sal hulle nie ’n misdaadrekord kry nie en moontlik ook nie van die mediese rol geskrap word nie.

Dié moontlikheid is die afgelope week buite die Netcare-kontant-vir-niere-verhoor in die Durbanse handelshof geopper.

Die dokters sal dan skotvry afkom van hul beweerde betrokkenheid by die skema waardeur “ryk oorplantingstoeriste” van Israel na Durban se St. Augustine-hospitaal gekom het om niere van arm burgers van Brasilië, Romenië en Israel op die swartmark te koop.

Die onwettige oorplantings is gefasiliteer deur die Israeli-dokter en orgaanmakelaar Ilan Perry, wat die skema saam met Netcare op die been gebring het.

Die voorgestelde afwentelingsooreenkoms word gemotiveer deur die feit dat die vermoë van die staats- en private hospitale in KwaZulu-Natal om wettige oorplantings te doen ernstig geraak sal word as die vier dokters – John Robbs, Ariff Haffajee, Neil Christopher en Mahadev Naidoo – skuldig bevind word en van die rol geskrap word.

’n Bron het aan City Press gesê die NVG se hoofdoel was om die netwerk van orgaan-oesting en -oorplanting te beëindig.
Hulle wou ook seker maak dat Netcare, wat vroeër vandeesmaand ’n pleitooreenkoms gesluit het en altesame R7,8 miljoen opgedok het aan boetes en bates waarop beslag gelê is, hard en in die openbaar geslaan word om die groep te keer om sy onwettige bedrywighede voort te sit, het die bron gesê.

“Hulle (die dokters) is steeds leiersfigure in die mediese beroep en hul vaardighede as spesialis-chirurge is steeds nodig.”

Dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het egter gesê as dit ’n uitwerking sou hê op die getal chirurge beskikbaar om nieroorplantings te doen, sal die provinsie dit na ander provinsies uitkontrakteer.

“Dit sou verkeerd wees om aan te voer dat iemand spesiale behandeling moet ontvang omdat hy gespe-sialiseerde vaardighede het.”

Volgens City Press se bron bestaan die moontlikheid om die ooreenkoms te aanvaar net tot 14 Desember, wanneer die saak weer in die hof voorkom.

Beskuldigdes wat die staat se aanbod aanvaar, sal in die afwentelingsprogram geplaas word, terwyl die res volgende jaar in die hooggeregshof verhoor sal word.

Volgens die staat het Perry tussen Desember 2000 en November 2003 109 onwettige oorplantings in die St. Augustine-hospitaal gefasiliteer.

Nierskenkers van Israel is elk VSA$20 000 betaal en die van Romenië en Brasilië VSA$6 000.

Netcare – wat byna sewe jaar enige betrokkenheid ontken het – het sowat R21 miljoen uit die oorplantings gemaak.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.