Niemand kan ANC van regte leer – Zuma

2010-08-23 07:19
Tweets Share Share line Print

Pastoor Stafford Petersen van die Shekinah-kerk bid vir wysheid vir pres. Jacob Zuma. Foto: Yunus Mohammed

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's



Mitchells Plain – Pres. Jacob Zuma het sy warrelwind-besoek aan die Wes-Kaap afgesluit en vir oulaas ’n dwarsklap aan die media uitgedeel.

Zuma, wat ’n groep van sowat 300 mense by die Hoërskool Glendale hier toegespreek het, het gesê die ANC veg vir almal se regte en nie net vir diegene wat deur sakebelange gedryf word nie.

“Niemand kan vir ons van regte leer nie. Ons het daarvoor geveg,” het Zuma gesê met verwysing na wydlopende ongelukkigheid oor die regerende party se plan om ’n mediatribunaal in te stel om die gedrukte media te ­reguleer.

“Ons het vir die regte van die media baklei en ons het dit beskerm.

“Dié besluit was nie gegrond op sakebelange nie, maar deur die belange van die mense.”

Zuma het gesê dit is belangrik dat alle mense se stemme gehoor moet word.

“Geen sektor moet ’n harder stem hê as ’n ander nie. Dit is waarom ons in debattering en konsultasie glo.”

Nasionale belang moet bo dié van sektorale belang wees.

Hy het gesê die debat met die media is bloot om seker te maak dat almal onder dieselfde “sambreel van demokrasie” is.

Sy besoek vorm deel van die ANC se program om ’n miljoen lede teen 2012 te werf en om nuwe lewe in die organisasie te blaas. Byna geen van die party se provinsiale leiers was te siene nie.

Zuma het vroeër die dag ’n diens in die Shekinah-kerk in Bea­con Valley, ook in Mitchells Plain, bygewoon en daarna ­Colleen’s Place of Hope vir verwaarloosde en weeskinders besoek.

Volg Nuus24 op Twitter

Hier het Zuma belowe om ’n “helpende hand” uit te reik, al ­beteken dit hy moet R1000 per maand persoonlik bydra om die lot van dié kinders te verlig.

Marius Fransman, ANC-LP, het voor Zuma die skare ­toegespreek en gesê hy en Trevor Manuel, beplannings­minister in die presidensie, is ses maande gelede deur die ANC se leierskorps opdrag gegee om sewe takke in dié gebied te stig.

Tot dusver het hulle drie gestig.

Ingevolge die party se grondwet moet daar minstens 100 lede wees voor ’n tak gestig kan word.

Oor die staking deur staatsamptenare het Zuma ’n vergelyking getref met optogte tydens die bevrydingstryd.

“Selfs die tye wanneer ons betoog het, was die ANC se waardes baie duidelik. Noodsaaklike dienste soos hospitale is nie aangeraak nie. Indien ’n verpleegster of dokter verby die stakers wou kom, het ons die pad vir hulle oopgemaak.”

Hy het ook die belangrikheid van eenheid in die organisasie beklemtoon.

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ben sê... Die hele SA is vrot...punt. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2011
R 139,990.00

FORD

Fiesta 1.6 TDCi Trend 3-dr Dsl MY06
2006
R 109,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 VVT-i RB Raider PU MY09
2011
R 229,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.