Nie almal byt aan Nzimande se taalplan

2011-04-07 07:22
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die staat moet eerder omstandighede skep wat veeltaligheid bevorder as wat hy mense wil dwing om meer tale aan te leer.

Só het AfriForum Woensdaggereageer op dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, se idee dat die aanleer van ’n Afrika-taal ’n voorvereiste vir die verwerwing van ’n graad moet wees.

Nzimande het Dinsdag by die bekendstelling van ’n geïntegreerde strategiese plan vir onderwyseropleiding klem gelê op die groot behoefte om meer grondslagfase-onderwysers (vir gr.1 tot gr.3) in Afrika-tale te onderrig.

Nzimande het ook gesê hy gaan spesiale aandag gee aan die ontwikkeling van Afrika-tale by universiteite.

AfriForum het dit betreur dat Nzimande Afrikaans pertinent by sy voorgestelde planne uitsluit.

Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die staat is tans self die grootste vyand van meertaligheid in die land.

Sy het daarna verwys dat Suid-Afrikaanse universiteite wat meertaligheid bevorder steeds dieselfde subsidies ontvang as universiteite wat eentalige Engelse onderrig aanbied.

Prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR), het gesê hy dink die voorstel is ’n uitstekende idee, berig Annelie Maré. “Afrika-tale is vir baie jare in ’n ondergeskikte posisie geplaas, en ons behoort dit op ’n manier reg te stel.”

Op ’n vraag oor die uitsluit van Afrikaans as Afrika-taal, het hy gesê hy glo nie dit is problematies nie “Daar’s nie ’n probleem met Afrikaans nie; dit is reeds daar.”

Onder studente in Stellenbosch was reaksie op die voorstel gemeng, berig Malani Venter.

Melissa Ephraim (19), ’n tweedejaar-opvoedkundestudent, het gesê sy kan die professionele waarde van die voorstel insien.

“As jy kinders moet onderrig wie se moedertaal nie Afrikaans of Engels is nie, is dit makliker as die onderwyseres darem hul taal kan verstaan.”

Volgens Pierre Romme­laere (19), wat ’n BA-kursus in taal en kultuur volg, kan die invoer van Afrika-tale op kampusse maklik ’n politieke kleur kry.

“Taal is reeds hier ’n kwessie. Mense kan nou ras aan ’n verpligte taal haak. As jy van plan is om in Suid-Afrika te werk en byvoorbeeld regte swot, kan ’n Afrika-taal van groot hulp wees.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: taal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.