Nicro: Polisie kry te veel mag
2009-10-02 01:38
Kaapstad – Die reg wat aan die polisie gegee word om dood te skiet gaan lei tot wetteloosheid, het die nasionale instituut vir misdaadvoorkoming en die reïntegrasie van oortreders (Nicro) gesê.
Nicro het op president Jacon Zuma se bekragtiging van die skiet-om-dood-te-skiet benadering gereageer en sy mening oor die reg van kriminele uitgelaat.
Nicro het Donderdag egter erken hulle is bewus daarvan dat die misdaad tans in Suid-Afrika buite beheer is. Daar moet vanselfsprekend oplossings gevind word om die misdaad onder beheer te bring.
"Ons sal egter binne die parameters van ons grondwet moet bly,” het die nie-regerende organisasie gesê.
“Wanorde kan egter die gevolg wees van die benadering om dood te skiet. Die wetstoepasser verkry gelyke tyd die mag om 'n polisiebeampte, ‘n inspekteur, ‘n aanklaer en ‘n regter te wees wat die vonnis van ‘n doodstraf uitspreek.”
Die wetstoepassers moet opgelei word om “skerpskieters” te wees en nie dood eenvoudig doodskiet nie.
Dié nuwe beleid het tot dusver egter geen impak op misdadigers gehad om minder misdaad te pleeg nie.
-Sapa